Spieël In 'n Raaisel Songtext

KOBUS!

von Mehr Songtexte

Spieël In 'n Raaisel Songtext
ouma en oupa, tante en oom

hoeveel seisoenkringe is daar reeds gekerf

binne die stam van jou lewensboom

die dinge wat jy ken

word in skadus vervorm, vervreem
hul begin sag weggly

onmoontlik om saam te neem



gryskop en kaalkop, man en mannin

hoeveel somers het jy natgehuil?

hoeveel winters staar jy kole in?

dae word bevrore nagte

en nagte smelt weer tot dae

en die herfsblare sweef al digter

oor die antwoorde vir jou vrae


daar's giftige vrees in jou oë, kyk

dis ouderdom, niks besonders

daar's giftige vrees op jou asem, ruik

daar gaan die son al weer onder



ons kyk deur 'n spieël in 'n raaisel

sterre word dowwer, blomme verwelk

die illusie van gister se skaterlag

sagter en sagter en sagter en sagter



die valse waarhede jaar na jaar

word ware leuens

die droom dat jy altyd gaan lewe

laat jou vasklou, laat jou glo jy het vleuels



ons kyk deur 'n spieël in 'n raaisel

sterre word dowwer, blomme verwelk

die illusie van gister se skaterlag

sagter en sagter en sagter en sagter