Aardskok Songtext

KOBUS!

von Mehr Songtexte

Aardskok Songtext
die aarde is aan die brand
die aardskok rol regdeur die land
miermense skarrel ondergrond sonder vrug
eensame aasvoá«ls stippel die lug
ons hardloop hand aan hand
deur die gloeiende kole op blouberg se strand
die wind waai warm deur die wolke van bo
swart soos die trane in jou oá«

die mal verwarring sleur ons mee
saam met gillende mense langs die brandende see
ek voel jy struikel en my hart stop van skrik
skielik word jou hand uit myne geruk
ek veg vergeefs deur die mensevlaag
terwyl jy verder weggevoer word in die dolle gejaag
ek gil jou naam maar my woorde kwyn
terwyl ek magteloos toekyk
hoe jy tussen die mense verdwyn...

die pad is krom ons gids is stom
party s᪠hul weet maar die meeste is dom
deur al hierdie chaos sal ek jou kry
ek moet jou weer kry...

ek soek jou in doodloopstrate
winkelsentrums, koud verlate
ek dwaal tussen mense
rusteloos soos ek
in hierdie dooie plek
die pad is krom ons gids is stom
party s᪠hul weet maar die meeste is dom
deur al hierdie chaos sal ek jou kry
ek moet jou weer kry...

die dae gaan nou vinnig verby
met hierdie mal nuwe wáªreld rondom my
om elke hoek dink ek hoor ek jou stem
maar teleurstellings
kerf my hart soos 'n lem

ek hoop dat jy ook na my soek
dat jy ons liefde onthou
deur hierdie aardse vloek
ek dink aan jou glimlag
teen my groeiende vrees
ek dink aan jou my liefling
waar jy ookal mag wees...