Die Swart Songtext

KOBUS!

von Mehr Songtexte

Die Swart Songtext
'n verkyker, 'n spieá«l
en die sap in my brein
my enigste bagasie op die lewenstrein

my verkyker is kragtig
hy kyk nogal ver
maar soms is daar wolke wat my visie versper

die swart onder my vingernaels
vertel die hele naweek se verhaal

my verkyker kyk en kyk
maar die lens raak te gou vuil
ek soek my wasige toekoms om dit vir 'n ander te verruil

maar my kyker raak al swakker
terwyl my trein verder stoom
en die lense kyk net terug in die kompartement van my droom

en die swart onder my vingernaels
word my verkyker se hartseer verhaal
die swart onder my vingernaels
vertel die hele naweek se verhaal

ek kyk maar weer terug na die oá« in die spieá«l
wat argeloos staar na my gillende siel
en ek sien 'n onseker gesig
wat al meer na 'n dier s'n lyk
in die dertig watt lig
die swart onder my vingernaels
vertel die hele naweek se verhaal